Niemand beseer in treinongeluk by Kranzberg

TransNamib het in ‘n mediaverklaring bevestig dat ‘n trein vanoggend om ses uur by Kranzberg-stasie by Usakos ontpsoor het. Volgens die woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het ‘n lokomotief en vier leë treinwaens ontspoor. Sy sê niemand is tydens die ongeluk beseer nie.