Nuwe bevinding oor mense se emosies

Hoeveel menslike emosies dink jy is daar? Volgens ‘n studie van die Ohio State Universiteit is die getal minstens 21. Vir jare het kenners geglo daar is net ‘n handjievol basiese menslike emosies: Geluk, hartseer, woede, vrees, verbasing en walging. Maar navorsers het 230 vrywilligers gewerf om vir eenvoudige portrette te poseer. Elke foto is geneem nadat daar verskillende scenario’s aan mense verskaf is waarop elkeen emosioneel reageer – dinge soos om slegte reuke te ruik of verrassende nuus te hoor. Nadat hulle 5 000 verskillende portrette vasgelê het, het die span die gesigspiere op die fotos ontleed. Hierdie tegniek het aan die lig gebring dat daar 21 duidelike komplekse emosies bestaan ​​wat algemeen is vir die mensdom. En van die emosies was: Gelukkig, hartseer, bang, kwaad, verbaas, gewalg, gelukkig verras, gelukkig gewalg en daar is selfs verskillende emosies en vorme van vrees, woede en walging gevind.