Numsa veroordeel teiken van buitelandse burgers

Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die feit dat buitelandse burgers geteiken word weens Suid-Afrika se werkloosheidskrisis. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê dit is onmoontlik vir ‘n groep wat so klein is om volkome verantwoordelik te wees vir werkloosheid in die land.

Hlubi-Majola voeg by die vakbond verwerp mense wat sê alle buitelandse burgers moet met geweld van hul werkplekke verwyder word deur middel van sogenaamde skoonmaakveldtogte.