Vlak van Oranjerivier styg effens

Die vlak van die Oranjerivier by Desert Fruit het al begin styg. Die Hidrologiese Dienste in die Namibiese landbouministerie het gewaarsku oor moontlike vloede weens watervlakke van riviere wat styg. Die Oranjerivier is besig om te styg weens vrylating van water uit die Bloemhofdam in Suid-Afrika en ná die goeie reën in die suide van Namibië. Steven Reid, produksiebestuurder van Desert Fruit by Aussenkehr, sê hulle het nog nie enige skade gehad nie.