Numsa gaan staak met 430 000 werkers

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa maak vandag sy planne bekend vir die komende staking in die ingenieursbedryf. Numsa se onderhandelings met alle werkgewersorganisasies het ‘n dooiepunt bereik. Werkers eis ‘n verhoging van 8 persent, maar werkgewers staan by 4,4 persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê lede gaan staak totdat daar aan hulle eise voldoen word: