Cyril maak groot beloftes in aanloop tot verkiesing

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê baie munisipaliteite staar korrupsie en wanbestuur in die gesig wat verhoed dat lewensnoodsaaklike hulpbronne aangewend word om in inwoners se behoeftes te voorsien. Hy het gisteraand die regerende party se verkiesingsmanifes in Pretoria bekendgestel. Ramaphosa sê belangrike vordering is die afgelope twee jaar gemaak om staatskaping te beëindig en korrupsie te beveg. Hy voeg by hulle beloof om beter te doen en die beste mense as kandidate aan te wys: