Numsa eis reuse-verhoging by Eskom

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, sê Eskom offer werkers se voordele, pensioen-uitbetalings en salarisse op, om die opgeblase koste van basiese energie te befonds. Die vakbond en Eskom se bestuur het ‘n derde ronde samesprekings oor lone gevoer. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ‘n hersiene aanbod voorgelê en die eis van 15-persent vir almal tot 12 persent verminder. Sy sê indien Eskom instem tot ‘n 12 persent-verhoging, sal dit 2,1 miljard Suid-Afrikaanse rand kos, wat voordele insluit: