Spacey amptelik in Brittanje aangekla

Britse polisie het die akteur Kevin Spacey amptelik aangekla van vier voorvalle van seksuele aanranding. Hy word ook aangekla dat hy ‘n persoon sonder toestemming in seksuele aktiwiteite laat deel het. Die polisie sê die beweerde aanrandings het tussen Maart 2005 en April 2013 plaasgevind. Vier hiervan was in Londen en een in Gloucestershire. Een man wat nou in sy veertigs is en twee in hul dertigs was hierby betrokke. Die 62-jarige akteur sal na verwagting Donderdag in die Westminster Landdroshof verskyn.