Theofelus maak weer geskiedenis

Die 2022 Verenigde Nasies Bevolkingsfonds se toekenning is aan die jongste parlementslid van Namibië, Emma Theofelus, toegeken. Theofelus is die huidige adjunkminister van inligting in Namibië en die jongste wenner ooit van die toekenning. Theofelus het die individuele toekenning ontvang vir haar werk om vroue-bemagtiging en seksuele en reproduktiewe gesondheid onder jong mense in Namibië te bevorder. Sheila Roseau, Die VN se Bevolkingsfonds se verteenwoordiger in Namibië, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.