Moeti sê ook oor WGO-personeel in die DRK

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy gaan die beleid en die manier waarop seksuele uitbuiting en -misbruik aangespreek word, geheel en al hervorm. Dit volg op die ondersoek deur ‘n onafhanklike kommissie oor beweerde seksuele uitbuiting en misbruik tydens die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die kommissie het bevind WGO-personeel was onder die 83 hulpwerkers wat vroue en meisies in die DRK seksueel misbruik het. Die streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, sê daar sal streng opgetree word teen personeellede wat betrokke was: