Nog voorspellings oor rentekoerse
Meer voorspellings is gedoen oor die feit dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank Donderdag sy rentekoers besluit aankondig. Intussen sal die Amerikaanse Federale Reserwebank sy koers Woensdag aankondig. Indien die Amerikaners die koers opstoot sal die dollar verder versterk wat inflasie in die buurland en plaaslik negatief sal beïnvloed. Suid-Afrika se koers is op 8,25 persent met Namibië s’n effe laer op 7,75 persent. Plaaslik word die volgende aankondiging op 25 Oktober verwag. Frank Blackmore, Suid-Afrikaanse ekonoom, het sy gedagtes met Kosmos 94.1 gedeel.