Nog twee kinders sterf na lekkers by spazawinkel gekoop is

Die Departement van Gesondheid in Gauteng het bevestig nog twee kinders het weens voedselvergiftiging gesterf. Vier seuns, onderskeidelik 2, 3, 4 en 6-jaar-oud, het Woensdag lekkers en skyfies geëet wat hul by ‘n spaza-winkel in Westonaria gekoop het. Twee van hulle het gesterf met hul aankoms by die hospitaal. Vroeër die week het twee vierjarige kinders in Soweto omgekom nadat hulle na bewering koekies geëet het wat hulle ook by ‘n spazawinkel gekry het. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, doen ‘n beroep op die publiek om onmiddellik mediese aandag te kry vir simptome soos braking en borspyn: