Ons is gasheer vir beleggingsforum vir gasvryheid in ’24

Namibië gaan in Junie volgende jaar die Afrika Gasvryheids-beleggingsforum 2024 in Windhoek aanbied. Hierdie toonaangewende geleentheid word die eerste keer deur ‘n lidland van die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap aangebied. Die konferensie wil ondernemings verbind terwyl beleggings na toerisme, infrastruktuur en hotelontwikkeling in Afrika gekanaliseer word. Die uitvoerende hoof van die gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê die forum verwag om aansienlike ekonomiese voordele vir die land te skep: