Fishrot-lot stoei voort in die hof vir borg, bates en meer

Die voortslepende borgaansoeke deur Fishrot-beskuldigdes duur voort. Vanoggend bring die voormalige werknemer van Sacky Shanghala, Nigel van Wyk sy aansoek voor regter David Munsu na hy dit verlede jaar onttrek het. Oud-visseryminister Bernhardt Esau is saam met Van Wyk gelys op die rol maar, hy het volgens die laaste berigte sy borgaansoek onttrek op 30 November verlede jaar. Van Wyk vra vir borg omdat hy ‘n operasie op sy been ondergaan het wat deur ‘n spesialis uitgevoer is. Hy sê sy aanhouding is besig om sy familie bankrot te maak en dat hy sy bates gaan verloor. Intussen kom die saak van James Hatuikulipi teen die aanklaer-generaal Martha Imalwa ook vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Hatuikulipi daag bepalings van die wet op georganiseerde misdaad uit.