Nog geen bevestigde geval van omikron in Namibië nie

Daar is volgens die Namibiese gesondheidsministerie nog nie ‘n geval van die nuwe
Covid-19 variant, omikron in die land bevestig nie. Die ministerie het 9 nuwe Covid-19
gevalle bevestig,’n positiewe koers van 1,1%. Dit sluit ‘n gesondheidswerker in.
Windhoek het 8 en Oshakati 1. Daar is steeds 103 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe
totaal van 129 160. Die totale sterftesyfer is tans 3 573 en die herstelkoers staan op
97,2%.