Nkwe moet krieket in SA hoër dryf

Die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se beheerliggaam, Pholetsi Moseki, hoop die nuwe direkteur van Krieket, Enoch Nkwe, sal die organisasie help om ‘n ommekeer te bewerkstellig en groter hoogtes te bereik. Nkwe se aanstelling is gister onthul. Die 39-jarige volg die gewese Protea-kaptein, Graeme Smith, op wie se kontrak einde Maart verstryk het. Moseke sê Nkwe se aanstelling is daarop gemik om Krieket Suid-Afrika te versterk en die administrasie te anker met die beste beskikbare kundigheid.