NIMT se werker uiteindelik betaal

Werkers by die Namibiese Instituut van Mynwese en Tegnologie het uiteindelik hul lone vir Februarie vandag ontvang. Dit kom na ‘n vertraging met beloftes dat betalings teen 4 Maart gedoen sou word. Dit is volgens berigte ook nie die eerste keer dat lone laat betaal word nie maar, volgens die uitvoerende direkteur by die instituut, Ralph Bussel, is die probleem, vir nou, uitgesorteer.