Nevermind-baba dagvaar weer

Die man wat as naakte baba op Nirvana se 1991 Nevermind-album verskyn, het weer ‘n saak gebring nadat die hof sy vorige eis uitgegooi het. Spencer Eldin het sy nuwe eis aangepas en sê die groep het hom seksueel uitgebuit en dat die kaal foto van hom as vier-maande oue baba, kinderpornografie is en dat Nirvana miljoene verdien het, ten koste van hom. Daar is tien respondente wat Courtney Love, die weduwee van Kurt Cobain insluit en Elden soek 150 000 Amerikaanse dollar van elk. Hy meen hy het lewenslange skade gelei as gevolg van die foto.