Polisie sê Moti-ontvoering laat meer vrae as antwoorde ontstaan

Die Suid-Afrikaanse polisie wat die ontvoering in Oktober van die vier Moti-broers in Limpopo ondersoek, het bevestig die familie, wat sedertdien na Doebai verhuis het, het geweier om met die ondersoek te help. Volgens berigte het dit agterdog gewek dat daar dalk meer agter die ontvoering steek. Die seuns is veilig by hulle huis terugbesorg te midde van berigte dat ‘n losprys betaal is. Media berig bewerings het nou aan die lig gekom van onderduimse geld oorbetalings, vermeende belastingontduiking, familietwiste, verraad, moord en ‘n dramatiese ontsnapping van Suid-Afrika na Doebai.