Nee, Namibië gaan nie by Opul aansluit: Alweendo

Die olie-ontdekkings aflandig van die suidelike kus naby Lüderitz en die ontluikende olie- en gas-sektor het weer in die Nasionale Vergadering gaan draai. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wou by energie-minister Tom Alweendo weet of Namibië by Opul gaan aansluit. Volgens Alweendo is sulke gerugte onwaar, alhoewel Namibië kontak het met Opul.

Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die bekende energie-kenner van Suid Afrika, Chris Yelland, gesê het Opul is soos ‘n kartel en Namibië moet versigtig wees.