4×4 Vasbyt-kampioenskappe tref Otjiwarongo!

Otjiwarongo, dit is julle beurt om stowwerig te raak met Been 2 van die 4×4 Vasbyt-kampioenskappe wat eerskomende Saterdag by die Paresis Skouterrein plaasvind. Daar is 10 hindernisse waarvan 8 tegnies is en twee die band- en modder-hindernisse. Die pret begin om 8-uur die oggend, met ‘n toegangsfooi van 30 Namibiese dollar vir volwassenes en 20 dollar vir skoolkinders. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Francois Lottering, van Motor Media Namibië.