Nawa is druk besig met dierewelsynsprojekte

Die Namibiese Dierewelsyns-vereniging, bekend as Nawa, is ‘n welsynsorganisasie wat wil hê dat Namibië ‘n land moet wees waar die welsyn van diere geprioritiseer en bevorder word totdat alle Namibiërs diere waardeer en daartoe verbind is om hul welsyn te verbeter. Heather Creamer van Nawa doen ‘n beroep op die publiek om voort te gaan om die organisasie te ondersteun deur skenkings te maak. Creamer vertel van hul jongste projekte wat die vereniging aangepak het.