Nuwe aanleg by Katima sal EU-mark vir noordelike boere oopmaak

Kommunale boere noord van die kordonheining kan moontlik ‘n geleentheid kry om beesvleis na die Europese mark uit te voer. Dit kom na die onlangse aankondiging van ‘n 35 miljoen Namibiese dollar vleisverwerkingsaanleg wat by Katima Mulilo gebou sal word. Die fasiliteit, wat deur die Europese Unie gefinansier word, sal al die protokolle wat deur die Wêreld-dieregesondheidsorganisasie geïdentifiseer is, streng toepas. Dit sal toelaat dat die boere toegang tot enige mark in die wêreld sal hê, insluitend Europa. Streng kwarantynmaatreëls sal toegepas word en diere vanuit Angola sal beheer word. Die EU sal hierby betrokke wees.