Twee in Durban skuldig na Julie-onluste

Twee mans is in die Durbanse Streekhof in KwaZulu-Natal gevonnis vir openbare geweldpleging. Die twee is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem vir gewelddadige optrede by ‘n vulstasie in Nandi-rylaan tydens die onrus in die provinsie. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê hulle is tot vyf-jaar tronkstraf elk gevonnis: