Navorsers van US maan teen die gebruik van hommeltuie by olifante

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch sê hommeltuie moet versigtig gebruik word wanneer olifante bestudeer of verfilm word. Hulle is betrokke by die publikasie van die eerste riglyne en ‘n voorgestelde etiese protokol oor hoe om so min as moontlik steurnis vir die diere te veroorsaak. ‘n Student in bewaringsekologie, Wesley Hartman, sê dit dien geen doel om afhanklik van ‘n hommeltuig te wees om olifante se gedrag te bestudeer as die blote teenwoordigheid van die toestel die data wat ingesamel word, aantas nie.