Julius Malema sê EFF sal beter voorbereid wees vir 2024-verkiesing

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die party sal moet kyk na die bestuurstrukture binne die party in Johannesburg en Tshwane, sowel as in ander dele van die land waar die party nie goed gevaar het in die plaaslike regeringsverkiesing nie. Hy het vandag buite die landdroshof in Randburg gesê gebrekkige prestasie het tot hierdie resultate gelei.

Malema het ook gesê die party sal beter voorbereid wees vir die 2024-verkiesing.