Navorsers soek veiligheid vir bye teen insekdoders

Die Universiteit van Rosario in Colombië het met navorsing begin om ‘n voedselaanvulling te ontwikkel om bye teen insekdoders te beskerm. Die Verenigde Nasies waarsku byna die helfte van insek-bestuiwers, veral bye en vlinders, loop gevaar om wêreldwyd uit te sterf. ‘n Bioloog, André Riveros, sê hulle soek ‘n oplossing vir die probleem van bye wat verdwyn. Honderde korwe is in Colombië uitgewis weens fipronil, ‘n insekdoder wat in Europa verban is en in die Verenigde State en China beperk word.