Gewapende rooftog by dobbelhuis op Otjiwarongo

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ‘n sekuriteitswag en ‘n kroegvrou glo deur ses gewapende mans met ‘n vuurwapen in ‘n dobbelhuis op Otjiwarongo beroof is nie. Volgens die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek is die gewapende sekuriteitswag aangeval, sy haelgeweer afgevat en sy hande en voete is vasgebind. Die 30-jarige kroegvrou is ook aangeval en haar hande en voete met toue vasgebind. Hul selfone, dobbelmasjiene en kontant van 68 500 Namibiese dollar is uit die kluis gesteel. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die gesteelde items is nog nie teruggevind nie.