Navorsers ondersoek rol van koolstof in grond om aardverwarming te beveg

Studente aan die Universiteit van die Vrystaat doen navorsing in die Drakensberge, waar hulle die beste maniere ondersoek om koolstof te bewaar deur koolstofvlakke in die grond te verhoog om klimaatsverandering te bekamp. Die bergagtige gebied word algemeen beskou as ‘n koolstof-brandpunt waar koolstof in die atmosfeer vrygelaat is en aardverwarming bestry word. Die studieleier, Johan van Tol, sê dit is om twee redes goed om koolstof in die grond te berg.