Twee mans dobber 29 dae in see rond

Twee mans van die Solomon Eilande is aan Papoea-Nieu-Guinee se kus gered nadat hulle vir 29 dae rondgedobber het toe hul GPS in gure weer die gees gegee het. Hulle het van seekos en ‘n sak lemoene oorleef. Papoea-Nieu-Guinee is sowat 400 kilometer vanaf die Solomon Eilande geleë.