Kenia is ook uit Afcon geskop

Namibië se Groep C-teenstander vir die komende 2023 Afrikanasies-sokkertoernooi, Kenia, is deur die Konfederasie van Afrika-sokker uit die groep verwyder. Dit kom nadat Kenia en Zimbabwe in verlede jaar deur Fifa geskors is weens politieke inmenging in sokkersake, wat beteken dat hulle nie aan die 2023 TotalEnergies Afcon-toernooi kan deelneem nie. Die kwalifiserende reeks begin 1 Junie. ‘n Verklaring, lui dat konfederasie Kenia en Zimbabwe ingesluit het by die amptelike trekking wat in April 2022 in Suid-Afrika gehou is, met die voorwaarde dat die twee nasies se skorsing twee weke voor hul eerste wedstryd opgehef sal word, wat nie gebeur het nie.