Nasionale Wildlewebeskermings-forum in Windhoek aangebied

Die Namibiese omgewingsministerie sal ‘n nasionale wildlewebeskerming-forum op 15 en 16 Junie in die hoofstad aanbied. Wildmisdaad is ‘n wêreldwye probleem, met kriminele netwerke wat oor internasionale grense en vastelande heen strek. Namibië het merkwaardige vordering gemaak in die bekamping van wildmisdaad. Alhoewel elf renosterkarkasse in Junie in die Etosha Nasionale Park gevind is, het die aantal diere wat gestroop is, afgeneem, en die aantal suksesvolle arrestasies en kuldigbevindings het aansienlik toegeneem. Hierdie sukses word toegeskryf aan die uitstaande samewerkingspogings van die verskillende wetstoepassings-agentskappe, die regstelsel en gemeenskaps-ondersteuning, met bystand van die internasionale skenkersgemeenskap. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda …