Tanzaniese weermag verdryf glo Masai van voorvaderlike grond

Die Tanzaniese regering maak gebruik van geweld om meer as 150 000 van sy Masai-mense van hulle voorvaderlike grond te verdryf. Volgens berigte wil die regering die grond as bewaringsones en vir trofeejag gebruik. Daar word berig die weermag is ontplooi en van die Masai-mense het glo skietwonde opgedoen.