Nasionale Werkgewersvereniging van SA reageer op aanbevelings oor verpligte inenting

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die aanbevelings van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling- en Arbeidsraad dat inentings in die werkplek verpligtend moet wees, is jammer en nie weldeurdag nie. Die Arbeidsraad glo inentings en inperkings is steeds die beste manier om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Gerhard Papenfus van die Nasionale Werkgewersvereniging sê algehele verpligte inentings sal egter ‘n erge menseregteskending wees en ‘n uiters gevaarlike presedent vir die toekoms skep.