SA se nasionale ramptoestand tot 15 Januarie verleng

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, het aangekondig die regering het die nasionale ramptoestand tot 15 Januarie verleng. Dié maatreël, wat ten doel het om die Covid-pandemie teen te werk, is in Maart verlede jaar die eerste keer afgekondig ingevolge die Wet op Rampbestuur. Die minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sal die nuwe datum binne die volgende paar dae in die Staatskoerant afkondig.