Nasionale Vervolgingsgesag maak vordering: Batohi

Suid-Afrika se nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, sê die Nasionale Vervolgingsgesag het reeds aansienlike vordering gemaak met die heropbouproses, ná die era van staatskaping. Sy het prestasies uitgelig in die vestiging van leierskap, die verhoging van vermoë en samewerking met die burgerlike samelewing en internasionale kundiges. Batohi het tydens ‘n mediagesprek in Pretoria uitdagings erken, insluitend die stadige vordering in sommige staatskaping-verwante sake. Batohi is aan die woord.