Nasionale Vergadering hervat nie vandag nie

Die Namibiese parlement sal nie soos beplan, vandag heropen nie, het die skakelbeampte, David Nahogandja, gesê. Hy het gesê baie lede van die Nasionale Vergadering is nie in die hoofstad nie en die risiko is te groot met lede van verskillende streke af kom.