Diabetes en Covid: vind so meer uit oor risikos

Gesondheidsorg-spesialiste aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs ‘n WhatsApp-gebaseerde geselsbot bekendgestel om pasiënte met diabetes te help om doeltreffend inligting te ontvang oor die gevare van diabetes en Covid-19. Een uit elke vier Suid-Afrikaners ouer as 45 ly volgens aanduiding aan die siekte. Dr. Darcelle Schouw van die universiteit sê mense met diabetes word buitengewoon swaar deur Covid-19 getref. Sy sê die GREAT-4-Diabetes-geselsbot is ‘n gratis diens wat outomatiese boodskappe met opvoedkundige inligting stuur om mense met diabetes te help om Covid-19-infeksie te vermy: