Nasa wil nog hierdie dekade mense Mars toe stuur

Nasa stuur ‘n robot-voertuig om vir water-ys te soek naby ‘n krater by die maan se suidpool. Die voertuig so groot soos ‘n gholfkarretjie sal in 2023 naby die westelike rand van die Nobile-krater land. Dit is ‘n laagte van 73 kilometer wat byna altyd in skadu gehul is. Die Amerikaanse ruimte-agentskap werk ook aan die Artemis-program wat die eerste vrou en eerste swart persoon op die maan wil laat land. Dit kan die weg baan vir langdurige menslike teenwoordigheid op die maan wat die aarde se enigste natuurlike satelliet is.