Kapofi: Regering sal vir aanvaarbare vergoeding vir volksmoord onderhandel

Talle Namibiërs is van mening dat die regering nie vir redelike reparasies met Duitsland vir die Herero-Nama volksmoord sal onderhandel nie. Die verdedigingsminister, Frans Kapofi, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering tydens sy toespraak Namibiërs gerus gestel dat die regering sy bes sal doen om aanvaarbare vergoeding te verseker.