Verkiesingskommissie van Namibië gaan wel stembriewe van Ndonga Linena oortel

Die Verkiesingskommissie van Namibië gaan voortgaan om die stembriewe van die Ndonga Linena-kiesafdeling se streeksraadverkiesing van 2020 oor te tel ondanks die Swapo party se versoeke om eerder weer verkiesing te hou. Die hoofverkiesingsbeampte, Theo Mujoro, het in ‘n mediaverklaring gesê die kommissie sal die hofbevel van die verkiesingshof uitvoer en die stemme Donderdag oortel. Dit volg na die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, teen die kommissie uitgevaar het nadat die verkiesing en die Swapo-kandidaat in die kiesafdeling deur die hof as ongeldig verklaar is.