NamRA vorder 55% van sy boekjaar-teiken in

NamRA sê hy het in die tweede kwartaal van die jaar 37,4 miljard Namibiese dollar ingevorder, of 55,2 persent van die totale teiken van net minder as 67,7 miljard dollar vir huidige boekjaar. Teen September het die agentskap 42,3 miljard dollar in bruto inkomste ingevorder, terwyl hy tussen April en September vanjaar 4,8 miljard dollar uitbetaal het. ‘n Totaal van 8,8 miljard dollar is by individue ingevorder met 8,3 miljard in belasting op toegevoegde waarde. Internasionale belasting het amper 13 miljard dollar beloop.