NamRa skort Acasia se klaringsagent-lisensie op

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, het die klaringsagent-lisensie wat aan Acasia Customs Clearance CC uitgereik is, opgeskort. Dit kom te midde van ‘n ondersoek na beweerde regulatoriese nie-nakoming. NamRa kommissaris Sam Shivute sê in ‘n verklaring die ondersoek hou verband met die verdwyning van vrag verlede jaar by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Hy sê dat Acasia nie gereageer het tydens die ondersoek nie, wat gelei het tot die oortreding van artikel 112 van die Doeane- en Aksynswet. Dit sluit in die versuim om met NamRa saam te werk om noodsaaklike inligting te verskaf, ‘n gebrek aan aanspreeklikheid en deursigtigheid teenoor kliënte, en nie-nakoming van NamRa se versoek om kwessies wat verband hou met die vragverdwyning uit te klaar. Die lisensie-opskorting is vir 6 maande geldig.