Die betekenis van Goeie Vrydag

Christene in Namibië en regoor die wêreld vier hierdie naweek Paasfees. Vir baie mense is dit net nog ‘n langnaweek, maar vir gelowiges is dit een van die belangrikste tye op die kerk-kalender. Pastoor Cas Becker van die Agape gemeente in Windhoek vertel meer oor die betekenis van Goeie Vrydag, wat vandag gevier word.