FNB kry weer Euromoney-toekennings

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Euromoney-toekennings FNB as Afrika se beste internasionale privaatbank in Botswana en Namibië aangewys. FNB is ook bekroon as Afrika se beste bank vir individue met ultrahoë netto waarde, diskresionêre portefeuljebestuur, filantropiese advies, opvolgbeplanning en volhoubaarheid. Die onlangs geloodsde Exchange Traded Notes, of ETN-program, wat Namibiërs in staat stel om aan die wêreldwye beleggingsekonomie deel te neem deur genoteerde instrumente in internasionale maatskappye soos Amazon, Apple, en Microsoft vir so min as 10 Namibiese dollar te bekom, het tot die bank se sukses bygedra. Hileni Amadhila, die kommunikasiespesialis by FNB, vertel meer oor die toekenning.