NamRA besoek Karas

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is op ‘n week lange werksbesoek in die Karas-streek. Dit is deel van NamRa se verkenningsveldtog om verskeie kantore in die streek te besoek nadat hulle verlede jaar kollegas in die Oshana- en Zambezi-streke besoek het. Tonateni Shidhudhu, bestuurder van strategiese kommunikasie van NamRA, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.