Nampol se verkeersafdeling kry splinternuwe wiele

Die Namibiese polisie se verkeers-afdeling het 14 splinternuwe voertuie van die Padfonds-administrasie ontvang om sy bestaande vloot te versterk. Die skenking wat vandag oorhandig is, sluit in sewe Peugeots, vyf Opel GrandLands en twee 4X4 Toyota Hilux-enkelkajuitbakkies. Toerusting wat geskenk is, sluit in vyf spoedkameras, vier asemontleders, 60 skermtoestelle. Voorsiening word ook gemaak vir die kalibrasie van dié toerusting en die opleiding van 100 nuwe verkeersbeamptes. Nampol-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikogo, het die skenking amptelik van die uitvoerende hoof van die Padfonds-administrasie, Aili Ipinge, ontvang.