Bokspan vir Saterdag se kragmeting vandag bekend

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sal sy span vir die laaste wedstryd van die toer in die Noordelike Halfrond – Saterdag teen Engeland op Twickenham – na verwagting vandag bekend maak. ʼn Handjievol spelers het na hulle klubs in die Verenigde Koninkryk en Frankryk teruggekeer terwyl ses nuwe spelers opgeroep is om by die groep aan te sluit. Na ʼn indrukwekkende oorwinning die afgelope naweek oor Italië, sê Nienaber die volgende stap is om bestendigheid te kweek: