Groter toegang tot markte met Afrika Kontinentale Vrye Handeslgebied

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu, het vandag die nasionale strategie en implementeringsplan vir die Afrika Kontinentale Vrye Handelsgebied vir 2022-2027 bekendgestel. Dit bied ‘n geleentheid vir Namibië om sy intra-Afrika uitvoere te verhoog, groter toegang tot markte te hê en potensiële ekonomiese geleenthede ten volle te benut. Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.