Nampol sê vanmiddag oor klopjagte op ‘sindikaat’

Die Namibiese polisie sal om half-drie vanmiddag die media toespreek oor die vermeende sindikaat waarop die week toegeslaan is. Talle Namibiërs, drie Chinese en ander buitelanders is in die luukse voorstede van Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem. Hulle word blykbaar daarvan verdink dat hulle deel vorm van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het met kriptobates. Media was op hol Donderdag met die polisie se spesiale reserwemag wat by ‘n groot luukse huis in Auasblick opgemerk is maar die polisie wou geen kommentaar lewer nie.